Thekwanes Nest Underberg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thekwanes Nest Underberg is in die hartjie van die Suidelike Drakensberg geleë, sowat 30 km van Underberg af. Die verhewe 4 ha-perseel bied manjifieke berguitsigte en gemaklike selfsorgverblyf in 2 klipkothuise met grasdakke en 1 hoofhuis. Die kothuise en huis is privaat, heeltemal omhein en rustig met die prag en geur van meer as 1000 roosbome in die lug.

Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer met 'n aparte ontbythoekie. Die huis is privaat met sy eie omheinde tuin met 'n braai-area. Die eerste kothuis beskik oor 1 en suite-slaapkamer en die tweede kothuis oor 2 slaapkamers. Elke kothuis het 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer met 'n kaggel wat ideaal is vir die winter. Albei kothuise is privaat en het sy eie omheinde tuin en buitebraai-area. Die kothuise en die hoofhuis het TV's en gaste moet hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring as hulle DStv wil kyk. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Thekwanes Nest Underberg is gerieflik geleë naby die Drakensberg Gardens Resort. Gaste het gratis toegang tot die oord gedurende hul verblyf. Drakensberg Gardens is sowat 2 km van die hoofhek af. Garden Castle is deel van die Ukhahlamba Drakensberg Park en is sowat 4 km ver. Dit bied staproetes en voetslaanroetes in die berge. Gaste moet by die park se kantoor inklok. Die omgewing het riviere waar gaste lekker kan swem, tjoepry en forelhengel. Ander doendinge sluit perdry in. Gaste kan die kaasfabriek gaan besoek, of 'n begeleide toer na die Sanipas in Underberg met 'n 4x4 en 'n toergids onderneem. Gaste moet hul paspoorte saambring as hulle hierdie pas wil verken.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thekwanes Nest Underberg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za