Thesen Island Haven

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thesen Island Haven is 'n selfsorgwoonstelletjie in die Thesen Islands Marine Estate, net 'n paar meter van die kanale af. Al wat tussen ons gaste en die middedorp en restaurante staan, is 5 minute agter die stuur.

Die woonstel het 'n woonkamer, eetarea, kombuisie, en 'n aparte en suite-slaapkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed wat wat oorgetrek is met puik katoenlinne en 'n donsveer-duvet. Die badkamer het 'n dubbelwasbakeenheid, 'n stort en sagte handdoeke. Die slaapbank in die sitkamer is geskik vir 2 kindertjies of 'n eksra volwassene.

Die oopplan-kombuisie is volledig toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetkamertafeltjie met 2 stoele. Die sitkamer beskik oor 'n TV en toegang bied tot die bekoorlike houtstoepie met buitemeubels waar jy rustig kan sit en die omgewing kan aanskou met 'n skemerkelkie. Gratis WiFi-toegang is ook beskikbaar.

Thesen Islands is 'n plek waar kinders nog in die straat kan speel en mense gereeld draf en fietsry. Die landgoed het verder ook Blouvlagstatus te danke aan sy uitstekende omgewingsvriendelike standaarde.

Thesen Island Haven is 'n veilige, rustige plek waar jy alles kan geniet wat Knysna as bestemming bied.

Slaapplek

'n Bespreking by Thesen Island Haven sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thesen Island Haven gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za