Third Avenue Self-catering Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Third Avenue Self-catering Home bied verblyf in Rondebosch-Oos wat deel is van Kaapstad se Suidelike Voorstede. Die huis is sentraal geleë en is minder as 15 km van die middestad, Bo-Kaap, V&A Waterfront en Kaapstad Internasionale Lughawe af.

'n Slim-TV en gratis optiesevesel-internet is beskikbaar en daar is 'n alarmstelsel met gewapende reaksie.

Daar is slaapplek vir 8 gaste in 3 dubbelkamers en daar is 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n handstort. Elke slaapkamer het kaste, 'n lessenaar, stoel, waaier en haardroër. Die kamers deel 2 draagbare verwarmers.

Daar is 2 enkelmatrasse en 'n slaapbank wat as 'n driekwartbed oopvou vir die sewende en agtste gaste in die sitarea. Dit kan egter enige plek geplaas word vir gaste se gerief.

Die kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei, breekware en yskas-vrieskas. Die oopplan-leefarea het 'n eetkamertafel en sitarea met gemaklike sitplek.

Daar is 'n lieflike agtertuin met 'n draagbare braai en 'n tafeltjie en stoele. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig agter 'n afstandbeheerde hek.

Rondebosch-Oos is 'n rustige, stil woonbuurt. Crawford-treinstasie is stapafstand van die huis af. Daar is kerke en moskees stapafstand van die woonstel en Islamia is 12 minute se stap ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Third Avenue Self-catering Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Third Avenue Self-catering Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za