Thirty Keys Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thirty Keys Hotel bied gerieflike verblyf in 'n eko-vriendelike hotel in Pier Place in die hartjie van Kaapstad se besige middestad. Dié hotel het kurk-vloerteëls, handgemaakte bamboesmeubels en dubbelglas wat geraas uitskakel en isolasie verbeter. Die hotel is ideaal vir beide sakereisigers en vakansiegangers.

Verblyf word in 30 eko-vriendelike en suite-kamers gebied. Elke kamer het lugversorging en verwarmers, 'n kroegyskassie op versoek, 'n TV met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n telefoon met direkte lyn, 'n haardroër, koppelpunte vir skeermesse, WiFi en 'n bewaarkissie. 'n Skoonmaakdiens, wakkermaak-oproepe en bababedjies is op versoek beskikbaar.

Die hotel fokus op volhoubaarheid en 'n eko-vriendelike filosofie is toegepas tydens die bouproses. Dié hotel is gebruik volhoubare energie en omgewingsvriendelike materiale sonder om luukshede te beïnvloed.

Die sentrale ligging bied toegang tot MyCiTi bushaltes, die Kaapse middestad, die V&A Waterfront en die KIKS. Die hotel is 8 km van Clifton en Kampsbaai se strande af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thirty Keys Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R799 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za