Tholo Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod

Ontvang 'n gratis huurmotor vir wildkyk ritte vir 2 dae (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 1 Aug 2019.

Beskrywing

Tholo Lodge is die perfekte wegbreekplek vir diegene op soek na gerief in die hartjie van die natuur. Ons maak vir alle behoeftes voorsiening, ongeag 'n romantiese wegbreek of 'n vakansie saam met 'n groep of gesin.

Tholo Lodge is in die malariavrye Mabalingwe Wildreservaat, net 2 ure se ry van Johannesburg af. Die sonnige Afrika-klimaat, oorvloed wild en die kans om die Groot 5 te gewaar, maak dié bestemming ideaal vir plaaslike én oorsese besoekers.

Tholo Lodge is ten volle vir selfsorg toegerus en smaakvol ingerig. Die unieke, luukse afwerkings skep 'n ware Afrika-gevoel. Die lodge het slaapplek vir tot 9 gaste.

Die oopplan-kombuis het alle moderne geriewe wat jy sou nodig kry, selfs 'n ysmasjien. Daar is lekker baie yskas- en vriesruimte, sowel as eetgerei en breekware vir enige geleentheid. Oorgenoeg kookgeriewe is binne én buite beskikbaar. Al wat jy hoef te bring, is kos en iets om te drink.

'n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar. 'n Privaat wildvoertuig kan teen 'n daaglikse tarief gehuur word. Spyseniering kan gereël word. 'n Sjef sal na die lodge toe kom en maaltye teen ekstra koste voorberei. Doen asb. navraag.

Slaapplek

'n Bespreking by Tholo Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kaggel

Konferensie geriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tholo Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 9)

Ontvang 'n gratis huurmotor vir wildkyk ritte vir 2 dae (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 1 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za