Thom-a-strant

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thom-a-strant is naby die strand in die kusdorpie Boggomsbaai, net suid van Mosselbaai. Ons bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n gesinshuis met 3 slaapkamers en 'n see-uitsig.

Die huis het 3 slaapkamers, 1 badkamer met 'n bad en toilet, 'n tweede badkamer met 'n stort en toilet, en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens. Die leefarea het 'n etenstafel met 6 stoele en 'n toonbank-area met kroegstoele vir 2 addisionele gaste. Die kombuis het 'n yskas, oond met stoof, wasmasjien, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Die leefarea het ook 'n TV en bied 'n pragtige uitsig oor die see.

Die balkon het 'n tafel en stoele, en bied ook 'n pragtige uitsig oor die see. Verder is daar braaigeriewe buite en veilige parkeerplek vir 1 voertuig.

Boggomsbaai is sowat 30 km vanaf Mosselbaai en sowat 21 km vanaf Gouritzriviermond. Daar is nie winkels in Boggomsbaai nie. Die naaste winkel is in Vleesbaai, sowat 9 km ver.

Boggomsbaai se strand is etlike kilometers lank. Gaste kan heerlik op die strand gaan stap en die voëllewe dophou, veral die swarttobie. Dié strand vorm ook deel van die gewilde Oestervanger-staproete wat oor 5 dae strek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thom-a-strant gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false