Thompsons Beach Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thompsons Beach Retreat is 'n selfsorg-eenheid in Thompsons Bay in Shaka's Rock. Dié eenheid het slaapplek vir 6 gaste.

Die eenheid het 3 slaapkamers wat 2 badkamers deel. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n kampbedjie is vir babas beskikbaar. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die eetkamertafel geniet word en gaste kan rustig TV in die sitkamer kyk. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring. Alternatiewelik kan DStv teen 'n ekstra fooi per dag aangeskakel word. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n see-uitsig.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra fooi beskikbaar. Gaste kan van die kompleks se gemeenskaplike swembad gebruik maak of net 'n entjie stap na die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by Thompsons Beach Retreat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thompsons Beach Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za