Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Thornhill Safari Lodge

Lodge
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 39 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 144, Plaas Guernsey 81 KU, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 270 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Thornhill Safari Lodge is geleë binne die groter Krugerwildtuin se ekosisteem, slegs 40 km van wildtuin se Orpen-hek. Dié omgewing is een van die voorste bestemmings vir eko-toeriste en die uitsigte op die Drakensbergse platorand is uitsonderlik.

Daar is 13 oorspronklike grasdak-chalets en 'n herehuis met gerieflike kamers en puik geriewe wat vir wegbreke gemáák is. Die helder materiale en meubels van plaaslike hardehout skep 'n ongekunstelde, dog stylvolle, bosveld-atmosfeer. Elke chalet is toegerus met en suite-geriewe, lugversorging, plafonwaaiers, muskietnette, en 'n houtdek met uitsigte oor die lodge, die swembad-area en die omliggende bosveld.

Die herehuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met koninggrootte-beddens of 2 enkelbeddens. 2 van die slaapkamers het en suite-badkamers met hoekbaddens en buitestorte. Die ander 3 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die huis het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe, en die sitkamer het 'n TV. Gaste het toegang tot die hooflodge se swembad, restaurant, kroeg en uitkykdek.

Thornhill Safari Lodge bied begeleide staproetes in die natuur in die Guernsey Natuurreservaat en wildritte in die Krugerwildtuin en privaat wildreservate waarin die Groot 5 besigtig kan word. Toere na die volgende besienswaardighede is ook beskikbaar: die Panorama-roete, Blyderivier Canyon, Mariepskop (die Drakensberge se hoogste piek), Khamai Slang- en Reptielpark, die Moholoholo Rehabilitasiesentrum en die Sentrum vir Bedreigde Spesies in Hoedspruit. Dan is daar ook nog gholf-uitstappies na die bekende Hans Merenskey Gholfbaan waar jy in die wildernis kan gholf speel!

Voorsiening word vir groepe, individuele gaste wat self wil ry, invlieg-safari's en wittebroodpaartjies gemaak. Vervoer kan gereël word vanaf Eastgate- en die Kruger Mpumalanga Lughawe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir Thornhill Safari Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Erfdeel 144, Plaas Guernsey 81 KU, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Thornhill Safari Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kruger tot Canyons Limpopo
Vanaf
Vanaf R3 270
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R3 270
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 39 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 144, Plaas Guernsey 81 KU, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA98cc00755956b950d4b329c0d4c4d01737e304f71d521a3a0c92d7935db73dcb00381352b3bf39e463452740f6ed35754f23?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 270 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 Portion 144 of the Farm Guernsey 81 KU Hoedspruit 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.527290993974 31.116006374359