Thornleys Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thornleys Guest House is slegs 1 uur en 15 minute se ry noord van King Shaka Internasionale Lughawe in Durban. Thornleys is 'n spoggerige gastehuise in die historiese dorpie Eshowe in die hartjie van Zululand. Dié dorpie is 500 meter bo seevlak en 25 km van die see af, so die weer is puik.

Thornleys Guest House het 5 gerieflike slaapkamers met en suite-badkamers en bied gerieflike en bekostigbare verblyf.

Die privaat eetkamer bedien beide 'n kontinentale en 'n volledige Engelse ontbyt.

Ons welige tuin strek tot by die asemrowende Dlinza-woud met baie voëlspesies. Ontspan langs die swembad, lees 'n boek op een van die stoepe, of verlustig jou in die uitsig van die dek af - dit is 4 meter hoog en bied 'n uitsig oor die woud. Nuttig 'n heerlike Thornleys-ontbyt in die privaat eetkamer (ontbyt word net op weeksdae bedien). Middag- en aandetes is beskikbaar op versoek.

Gholfspeel en is een van Eshowe's se grootste toerisme-trekpleisters. Eshowe Hills Golf Course is 'n manjifieke 18 putjie-baan en is die oudste gholfbaan in Zululand. Dié gholfbaan is slegs 10 minute se ry vanaf Thornleys Guest House en gholftoerusting is beskikbaar om te huur.

Thornleys Guest House is net 'n uur-en-'n-kwart se ry noord van King Shaka Internasionale Lughawe af. Dit is ideaal vir stadsjapies wat smag na 'n wegbreek in die platteland en die pragtige Zululand wil verken..

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thornleys Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za