Three Arches Guest House
Beskrywing
Three Arches Guest House bied jou 'n wegbreekplek waar jy so tuis sal voel soos jou eie huis. Die gastehuis is in die Noordelike Voorstede van Kaapstad geleë en is net 2 minute se ry vanaf die N1-hoofweg en binne 15 km-radius vanaf die middestad, lughawe en verskeie wynroetes.
Ons bied verblyf in 5 skoon en luuks gemeubileerde kamers, elkeen met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke kamer bevat geriewe soos 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi-toegang, 'n haardroër en 'n kluis. Ons bied selfsorgverblyf in 'n eenslaapkamer-eenheid met 'n koninggrootte-bed, 'n dubbelslaapbank vir kinders in die leefarea, 'n kombuis, eetkamer en badkamer met 'n stort.
'n Engelse ontbyt is ingesluit by die tarief en kan in die eetkamer geniet word. Daarna kan jy ontspan langs die swembad of in die gaste-sitkamer wat toegerus is met 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook braaigeriewe beskikbaar. Saans is gaste welkom om op die sonterras rondom die swembad te kuier en die manjifieke sonsondergang vanaf die balkon geniet. Vir gaste se gerief is daar ook 'n wasgoeddiens en veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar.
Ons is slegs 2 minute vanaf 'n gholfbaan en ons is dus die ideale basis vir gholf-entoesiaste wat die area besoek. Ander interessante plekke in die Noordelike Voorstede sluit die Canal Walk Winkelsentrum en Grand West Casino in.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Three Arches Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |