Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Three Oaks B&B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grand Duc-straat 7, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Three Oaks is 'n baie spesiale gastehuis in Durbanville en besonders mooi. Sakereisigers en toeriste is welkom. Ons instansie bied die perfekte plek vir troupaartjies en vir die neem van troufoto's, sakereisigers wat van 'n heerlike ontbyt hou of toeriste wat by die swembad of op die stoep in die feeagtige tuin wil ontspan.

Dit het 4 stylvol gemeubileerde en suite-dubbelkamers, elk met sy eie ingang na 'n welige tuin. Twee van die kamers is in 'n aparte Bo-Kaapse kothuis in die tuin geleë en kyk uit oor die swembad en grasperk. Dis privaat, stil en rustig en elke kamer het sy eie stoep. Dié 2 kamers is langs mekaar en dus ideaal vir 'n gesin van 4 of 5 gaste. Aparte gaste kan ook 'n kamer huur, omdat die kamer klankdig is.

Die ander 2 en suite-kamers is in die hoofgebou geleë. Dié en suite-kamers is ruim en stylvol ingerig en dit het ook 'n privaat ingang na die tuin. Elke kamer het koffie, tee en beskuit en gaste het toegang tot die volledige DStv-pakket, WiFi en 'n yskas. Daar is ook 'n kragomsetter wat gedurende beurtkrag inskop.

'n Volledige, smullekker ontbyt word in die somer op die stoep, en in die winter in die snoesige sitkamer met 'n kaggel, bedien. Die stoep is die ideale rusplek vir moeë gaste wat 'n skemerkelkie na 'n lang dag wil geniet. Veilige parkeerplek is vir al ons gaste beskikbaar.

Three Oaks is in 'n stil en rustige area geleë, maar bied steeds maklike toegang tot die N1. Dis gerieflik geleë naby die Wynlande, strande, Kaapstad Waterfront, Stellenbosch en baie gewilde inkopiesentrums en top restaurante.

Jou gashere is Stella en Kobus. Stella is die kunsinnige een en Kobus die buitemuurse avonturier wat vlieërvlieg, maar nie huiwer om 'n heerlike ontbyt op te dis nie. Die fynste besonderhede is vir hulle belangrik, en elke gas word as 'n individu met respek behandel. Kobus bied ook vervoer van en na die lughawe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 49 resensies vir Three Oaks B&B
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Grand Duc-straat 7, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Three Oaks B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grand Duc-straat 7, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlmMDU2MWI5LTY1YWUtNDg2Zi05ZDM5LWVmZDUzNmIwYjVmZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 49 5 1 5 7 Grand Duc Street Durbanville 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-21:00 11:00 -33.8621399 18.65628