Thuhlo Guest Lodge
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Taaibosstraat 494, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Geen kinders onder 15
- Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Thuhlo Guest Lodge is in 'n veiligheidskompleks in 'n wildreservaat in Hoedspruit geleë. Wildkyk-staproetes en -ritte kan in die reservaat gereël word, en gaste kan ook gaan fietsry of visvang by die nabygeleë damme.
Dié lodge het 2 slaapkamers wat ook saam vir 4 gaste bespreek kan word. Die kamers beskik elkeen oor 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Elke kamer het lugversorging, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Melk, water en vrugtesap word met aankoms vir die volgende dag voorsien. Die lodge bedien 'n heerlike Engelse ontbyt teen ekstra koste.
Die lodge het 'n boma met 'n vuurput, 'n swembad en onderdak-parkeerplek. Troeteldiere word nie toegelaat nie aangesien die eienaars hul eie honde het wat op die perseel woon.
Daar is kameelperde, waterbokke, sebras, njalas, koedoes, vlakvarke en luiperds op die perseel, so gaste word aangeraai om nie voor sonsopkoms en ná sonsondergang die lodge te verlaat nie.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Taaibosstraat 494, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Thuhlo Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Taaibosstraat 494, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Geen kinders onder 15