Stanford Country Cottages - Thula

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 30 % af

Kry 30% af. Geldig vanaf 16 Des 2019 tot 24 Des 2019.

Beskrywing

Thula is 'n mooi, ruim gesinshuis met 'n houtdek op die boonste vloer wat pragtige uitsigte oor die dorp en die berge bied.

Die huis bied slaapplek vir tot 10 gaste en het 3 slaapkamers en 'n solderkamer. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n bad wat "oopplan" is met die toilethoekie. Die 2 slaapkamers op die onderste vloer het elkeen 2 enkelbeddens en die boonste solderkamer beskik oor 4 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-stort. Die derde badkamer is op die onderste vloer en het 'n bad en aparte toilet.

Die gerieflike sitkamer het 'n kaggel en 'n hoë plafon waar die dagbalke sigbaar is. Die goed toegeruste oopplan-kombuis bevat 'n mikrogolfoond, 'n groot yskas-vrieskas, 'n stoof, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die aparte eetkamer bied 'n groot eetkamertafel en 'n kaggel sodat julle lekker kan kuier in die winter. Op soel someraande kan julle op die beskutte stoep kuier by die draagbare braai en al fresco-etes geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Stanford Country Cottages - Thula sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stanford Country Cottages - Thula gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 R3 500 per nag (plek vir 10)

Kry 30% af. Geldig vanaf 16 Des 2019 tot 24 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za