LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Thule | LekkeSlaap
+17

Thule

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sydneystraat 20, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 R3 150 per nag(plek vir 8)

Beskrywing

Thule bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis op die randjie van Lookout Beach met 'n uitsig op die Tsitsikammaberge in die verte. Dis ideaal vir 'n gesinswegbreek en bied 'n privaat strandtoegangshek en oorgenoeg ruimte binne en buite die huis.

Dié huis het 2 verdiepings en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en die ander 3 kamers is op die onderste verdieping. Daar is 1 kamer met 'n leefarea en 'n kaggel. Daar is 2 kamers met dubbelbeddens en 2 kamers met 2 enkelbeddens.

Die kombuis is goed toegerus en lei na 'n eetarea met 'n uitsig oor die baai. Die leefarea het 'n kaggel en lei na 'n onderdakstoep. Daar is ook 'n groot tuin en 'n houtpaadjie wat na die strandhekkie lei. Verder is daar 'n houtdek onder die bome.

Komplimentêre toiletware, melk, tee, gemaalde koffie en suiker word met aankoms voorsien. Badhanddoeke, linne, eetgerei, breekware en kombuistoebehore is ingesluit. 'n Skoonmaakdiens 2 keer per week is ook ingesluit. WiFi, 'n skottelgoedwasser, braaigeriewe en parkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Kom soek skulpies op die strand, wandel langs die strandmeer, kyk walvisse en verken die omgewing. Dis naby die strand, winkels en restaurante.

Slaapplek

’n Bespreking by Thule sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • Sydneystraat 20, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
R3 500 R3 150
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 500
R3 500 R3 150
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sydneystraat 20, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxxSyeBH3mUFQppXQ8e8nO3tfvdQdr1WIbrCjdW5nohbEd8pVU3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 500, nou Vanaf R3 150  per nag(plek vir 8) 20 Sydney Street Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.051280712328 23.375638357672
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!