Thyrza Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Thyrza Cottage is ’n selfsorgvakansiehuis in Ramsgate. Die huis is in die straat direk oorkant die Waffle House in ’n baie rustige omgewing met verskeie bome geleë.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en het 4 slaapkamers bo, 2 badkamers, ’n kombuis en ’n leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed, die tweede kamer het ’n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer beskik oor 2 stapelbeddens. Die 2 badkamers is op die boonste verdieping. Die een het ’n bad, toilet en wasbak en die ander een het ’n stort, toilet en wasbak. Daar is ’n hekkie aan die onderkant van die trappe wat keer dat kleuters die trappe klim. 'n Gastetoilet is ook beskikbaar op die onderste verdieping.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het ’n gemaklike sitstel en platskerm-TV teen die muur.

Die huis het ’n alarmstelsel en daar is ’n stoep met sitplek vir 6 asook braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Thyrza Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thyrza Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 560 R1 404 per nag (plek vir 8)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za