Thyshuis Self Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thyshuis Self Catering bied gehalteverblyf aan diegene wat op soek is na ‘n rustige wegbreek in Franskraal. Die eenheid grens aan die bestaande seefrontwoning. Die eenheid front noord, het 'n berguitsig en is 200 m van die see af.

Hierdie woonstel het sy eie ingang en beskik oor 'n slaapkamer met lessenaar, plafonwaaier, verwarmer, dubbelbed, asook 'n TV met DStv Compact Plus. Die ruim, gerieflike badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas en al die nodige toebehore vir 'n sorgelose kuiertjie weg van die huis. Komplimentêre koffie, tee, suiker, melk en beskuit word voorsien. Daar is 'n enkelslaapbank, gemaklike stoele, ook 'n TV met DStv Compact Plus en 'n plafonwaaier in die leefarea.

Die eenheid bied toegang tot 'n patio met 2 stoele, 'n klein, opvoutafel, 'n Weber-braai en 'n sonsambreel en daar is 'n groot area voor die woonstel waar voertuie kan parkeer op eie risiko. Daar is ook 'n braai-area onder die melkhoutbome vir lekker kuiers saam met vriende. Vir gaste se veiligheid het die vensters veiligheidsknippe, die skuifdeur 'n veiligheidslot en 'n veiligheidshek.

Daar is ‘n gerieflikheidswinkel met die basiese benodighede, asook 'n wassery stapafstand vanaf die eenheid. Die gewilde Uilenkraalsmond-swemarea is maklik bereikbaar vanaf die eenheid.

Slaapplek

'n Bespreking by Thyshuis Self Catering sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thyshuis Self Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false