Tickled Pink Chalet

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tickled Pink is 'n netjiese, bekoorlike selfsorgkothuis met slaapplek vir 4 gaste wat smaakvol ingerig is met 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die kothuis is in die omheinde Meerenvlei-kompleks in Kleinmond, langs die Botrivier geleë en is net 5 tot 10 minute se stap met die houtpaadjie na die strand en strandmeer.

Die chalet is pragtig gemeubileer met 'n ligte kleurskema wat sal bydra tot jou ontspanning. Die eerste slaapkamer het 1 dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n lieflike sonkamer met groot vensters en 'n slaapbank vir 1 kind. Die kamers het 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n koue buitestort waar gaste kan afspoel na 'n dag se baljaar op die strand.

Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n mikrogolf, 'n yskas-vrieskas, 'n ketel, 'n broodrooster, breekware en eetgerei. Die sitarea het 'n klein TV met plaaslike kanale en 'n musieksentrum vir jou vermaak.

Daar is 'n groot tuinarea met 'n buitebraai en 'n grasdak-boma met tuinmeubels. Die 1 parkeerplek en sekuriteitstelsel van die chalet sorg vir ekstra gemoedsrus tydens jou verblyf. Geen troeteldiere of rook word in die kothuis toegelaat nie.

Tickled Pink Chalet grens aan die Biosfeer Natuurreservaat en dis binne 5 minute se ry vanaf die wilde perde by Rooisand en die Arabella Spa en Gholflandgoed. Verder is dit net 5 - 10 minute se stap of 3 minute se ry van die sentrale winkelsentrum af.

Slaapplek

'n Bespreking by Tickled Pink Chalet sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tickled Pink Chalet gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R975 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za