Tikkie Blou

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tikkie Blou is 'n moderne hout-selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang wat apart van die hoofhuis in Leisurebaai geleë is. Die woonstel word omring deur aalwyne, vetplante en ander groen plantegroei en skakel goed in by die omgewing weg van die stad. Let wel dat die woonstel op die eienaar se woonerf geleë is.

Die woonstel het 'n oopplan-uitleg en is ideaal vir 'n paartjie met jong kinders. Daar is 'n dubbelbed, enkelbed of slaapbank en 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, tweeplaatstoof en oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n TV met Openview HD-kanale en 'n DVD-speler. Gaste kan ook hulle DStv-dekodeerder saambring. 'n Plafonwaaier word voorsien vir daardie warm, soel dae. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is veilige parkeerplek in 'n motorhuis. 'n Watertenk word gebruik wanneer die water dalk afgeskakel word.

Tikkie Blou is ongeveer 1 km van die Kinder-, Peter Pan- en Glemore-strande af. Dit is ook net 350 m vanaf 4 verskillende hengelplekke. Dit is ook naby Mac Banana, Dolphin Pub and Grill, Beaver Creek, Wild Coast Sun en Wild Waves Waterpark. Leisure Bay is 'n stil plekkie wat dit ideaal maak vir 'n lekker wegbreek wat steeds naby die omliggende dorpe is.

Slaapplek

'n Bespreking by Tikkie Blou sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tikkie Blou gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za