Clarens Akkommodasie by Time Out | LekkeSlaap
+8
+8

Time Out

B&B
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malherbe-straat 95, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

Time Out B&B is in 'n stil doodloopstraat teen die boonste hange van Clarens geleë en kyk uit oor die dorp. Dit is deur asemrowende sandsteenberge omring en is slegs 10 minute se stap vanaf die dorpsplein, die kunsgalerye, geskenk- en koffiewinkels, kroeë en restaurante.

Time Out is 'n 3-ster gegradeerde bestemming en maak spesifiek slegs voorsiening vir 1 paartjie per bespreking sodat rus en vrede verseker is. Berg- en rivierstaproetes is op ons drempel met skilderagtige uitsigte van die dorp en die Maluti-berge in die nabyheid.

Gaste word met komplimentêre sjerri, versnaperinge, vrugte en sjokolades begroet.

Time Out het twee groot eenhede rondom 'n binnehof wat langs die hoofhuis geleë is. Die slaapkamers is met moderne plaaslike kuns versier en het 'n ekstra lang koningingroottebed. Dons- en sybokhaardekens, elektriese komberse en 'n muur- en ondervloerse-verwarmer word vir die koue winter voorsien met 'n ligte katoendeken en plafon-waaier vir die somer. Daar is ook haardroërs en haargolwers.

Die badkamer het 'n stort en 'n gesigsmasker, lekkerruiktassie, 'n ekstra skeer- en nael-pakkie met sagte handdoeke, kamerjasse en pantoffels word voorsien.

Die tweede kamer is 'n ontbyt- en sitkamer en het 'n klein biblioteek, tydskrifte en DStv. 'n Volle kontinentale- of gesondheids- en Engelse-ontbyt word in die ontbyt-area of buite in die binnehof bedien.

Die kamers word daagliks skoongemaak. Rook is streng verbode.

Slaapplek

’n Bespreking by Time Out sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 2 resensies vir Time Out
Netheid
5.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Malherbe-straat 95, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Time Out het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malherbe-straat 95, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ0NTFkOGFmLTNiODQtNGFkZi05OTU5LTk3ZWZjOWVkMWUxZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 95 Malherbe Street Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.517247541493 28.413455486298
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za