Tinghala Luxury Holiday Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tinghala Luxury Holiday Accommodation is 'n luukse vyfslaapkamer-vakansiehuis wat in die hartjie van die Bosveld in die veilige Hoedspruit Wildlandgoed met toegangbeheer geleë is. Tinghala bied aparte verblyfopsies om alle gaste te akkommodeer.

Tinghala kan as 'n geheel verhuur word met toegang tot al 5 slaapkamers wat slaapplek vir 10 gaste het. Tinghala kan ook gehuur word met toegang tot 3 slaapkamers vir 6 gaste. Dié huis is in 3 dele verdeel met die slaapkamers in die regter- en linkervleuels. Daar is ook 'n aparte chalet.

Die huis is modern met groot ruimtes en interessante afwerkings binne en buite. Die dekor is ook modern met skoon lyne en kleure wat mekaar komplimenteer om spasie en gemak te verseker. Die huis is ontwerp om bewonder en geniet te word.

Die ingangsportaal is lugtig en lekker ruim. Die kandelaar is handgemaak en en die atmosfeer is ontspanne wat maak dat jy die huis wil verken.

Die hoofleefarea het glasdeure wat lei na die onderdakpatio wat ideaal is vir kuier. Dié kamer lei na die regtervleuel met 'n fliekkamer en 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die 2 fliekkamers is intiem met 'n Afrika-tema. 'n Groot hout kameelperd of kalbasligte dra by tot die atmosfeer.

Die 4 slaapkamers op die onderste verdieping is luuks en lei na 'n onderdakpatio. Elke kamer het 'n ruim, dog gesellige, en suite-badkamer.

Die oopplan-eetkamer is elegant versier en lei na die kombuis. Die kombuis is noukeurig toegerus en daar is 'n aparte opwaskamer en wynkamer waarvan die temperatuur beheer kan word.

Die aparte chalet het 'n slaapkamer en 'n en suite-badkamer, asook 'n gesellige sitarea met glasdeure wat na die patio lei.

Die huis se hoofgang het glasdeure wat lei na die pragtige onderdak-kuierarea. Daar is 'n ingeboude braai en swembad met uitsigte oor die Afrika-bos.Dis die ideale plek om te ontspan, 'n drankie te geniet en die wild dop te hou.

Slaapplek

'n Bespreking by Tinghala Luxury Holiday Accommodation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tinghala Luxury Holiday Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R12 500 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za