Strand Akkommodasie by Tivoli 6 | LekkeSlaap
+17
+17

Tivoli 6

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tivoli Eenheid 6, Kusweg 143, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Tivoli 6 is 'n ten volle toegeruste en gemeubileerde selfsorgwoonstel in die Tivoli-woonstelblok reg op die Strand se welbekende strandfront. Die Strand is naby aan Somerset-Wes op die randjie van die Kaapse-wynlande en die Stellenbosse-wynroete met sy talle wynplase is net 15 tot 25 km weg.

Die woonstel het gemaklike slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n skottelgoedwasser. Die eetkamer het 'n houttafel met sitplek vir 6. Die sitkamer het 'n TV en bied toegang tot 'n balkon met skilderagtige uitsigte oor die oseaan, Tafelberg, die pragtige Helderberge en die Hottentots-Hollandberge. Die balkon het ingeboude braaigeriewe.

Daar is veilige ondergrondse parkeerplek op die perseel beskikbaar. Die woonstel is op die Goue Myl, binne stapafstand vanaf verskeie winkels en restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Tivoli 6
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Tivoli Eenheid 6, Kusweg 143, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tivoli 6 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tivoli Eenheid 6, Kusweg 143, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjNjkzMmY0LTU5YTQtNGVjYi1hOTZlLTE2NWZlMTUxZGJkMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 Unit 6 Tivoli 143 Beach Road 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.111266 18.822162
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za