LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tjoek se Plek | LekkeSlaap
+22

Tjoek se Plek

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard, Diasstrand , Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Tjoek se Plek bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde drieslaapkamerhuis in die La Palma Villa-strandfrontkompleks in Mosselbaai. Die woonstel is op die tweede verdieping en bied 'n gedeeltelike see-uitsig.

Die woonstel het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en 1 kamer het 2 driekwartbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en ander 2 slaapkamers het toegang tot 'n tweede badkamer met 'n stort.

Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien en tuimeldroër. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler wat na 'n onderdakbalkon met gasbraaigeriewe en 'n etenstafel lei.

Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, parkeerplek vir 1 voertuig, parkeerplek vir sleepwaentjies, 'n hysbak en privaat ’n ingang tot Diasstrand. Die ligging bied maklike toegang tot Diasstrand en Diaz Waterpark. Langeberg Mall is 2,3 km ver en George Lughawe is 38,4 km van die verblyf af.

Slaapplek

’n Bespreking by Tjoek se Plek sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Beach East Boulevard, Diasstrand , Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard, Diasstrand , Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMV7fbqYf7Azp8fBzU7KFZj2VpZAYMs0X9GRvs7o5Laia93VBuB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 6) Beach East Boulevard Diaz Beach 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.157406068517 22.109104583432
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!