Toad Tree Cabins

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 13 Nov 2019 tot 12 Jan 2020.

Beskrywing

Toad Tree Cabins is geleë in die Afrika-bosveld in Sodwanabaai en voorsien gerieflike selfsorg en suite-verblyf vir 'n romantiese-wegbreek en gesinsvakansies. By Toad Tree Cabins maak gaste kennis met die gees van Afrika.

Daar is 2, 4, 6, 8 en 10-slaapkamer, gerieflike, volledig toegeruste kothuise met privaat braaie en kampvure. Die twee- en drieslaapkamer-eenhede deel 'n kombuis, woonkamer in die boma wat geskik is vir rugsakreisigers en duikers. Al die eenhede het hul eie badkamers met warm en koue water en word daagliks skoongemaak. Verder is daar kragpunte, waaiers, elektroniese muskietweerders en linne. Die WiFi is gratis vir die eerste halfuur, en is slegs in 'n aangewese area beskikbaar.

Staan verstom voor die wonderskone Afrika-sonsondergange met 'n skemerkelkie in die hand langs die swembad, ruil stories uit langs die kampvuur en kyk hoe die vuurvliegievonke in die donker spat, luister na die gesis van vleis op die vuur, 'n stomp wat verskuif word tussen die vlamme of die klank van 'n Afrika-drom in die verte.

Ons is in die hartjie van Zululand geleë, 'n duik- en kulturele paradys met goue strande, vrugbare moeraswoude, welige vleilande, beskermde fauna en flora, en dolfyne wat in die branders baljaar. Kyk hoe die boggelrugwalvisse naby aan die kuslyn hul spring en spuit, ontmoet Afrika se pragtige wild eerstehands - van statige olifante tot fassinerende miskruiers.

Toad Tree Cabins is net 'n paar uur se ry van die volgende wêreldbekende Groot 5 Wildreservate af: Mkhuze, Ndumu, Phinda, Tembe Olifantpark en Hluhluwe/Umfolozi. Mkhuze Wildreservaat huisves groot hoeveelhede bokke, bedreigde njalas, 'n paar jagluiperds, wildehonde, leeus en olifante, en is net 30 km van Toad Tree Cabins af. Die voëllewe in die omgewing is oorvloedig en die beste in die land - 420 voëlspesies maak dit ongetwyfeld 'n voëlkykparadys. Pelikane, flaminke en geelbekooievare kom ook hier voor.

Sluit by Toad Tree Cabins aan vir 'n unieke, interaktiewe skuba-ervaring tussen die wonderlike onderwaterdiertjies in Sodwana. Die asemrowende natuurprag van die onderwaterlewe in die grotte, oorhange en pragtige koraalriwwe kan ook hier ervaar word. Ervaar adrenalienbelaaide bootritte deur die skuimende branders en intieme ontmoetings met seeskilpaaie, pylstertvisse, haaie en dolfyne.

Sodwanabaai stel nooit teleur nie - duike hier is altyd onvergeetlik. Duik-uitstappies na die ongerepte koraalriwwe is beskikbaar.

Let asb. daarop dat iSimangaliso nie meer 'n ingangsfooi vir dagbesoekers na die strand hef nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Toad Tree Cabins gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 R400 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 13 Nov 2019 tot 12 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za