Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tolderia Resort

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lothair-pad, Ermelo, 2350, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Tolderia Resort bied verblyf in selfsorg-chalets en is 50 km oos van Ermelo in Mpumalanga geleë. Dit is perfek vir gaste op soek na rus en vrede, villa-styl verblyf met unieke uitsigte en 'n verskeidenheid geriewe en doendinge op die perseel vir sakereisigers en vakansiegangers.

Daar is 4 selfsorg-chalets, elk met 3 slaapkamers. Die slaapkamers het elk óf 2 enkelbeddens óf 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad, wasbak en toilet. Die moderne kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n skottelgoedwasser en oorgenoeg ingeboude kaste vir eetgerei, breekware en ander toebehore.

Die leefkamer bied 'n kaggel vir daardie koue aande en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die skuifdeur bied toegang tot 'n veranda met privaat braaigeriewe en 'n verhitte swembad.

Die oord het ook 'n eetarea met die naam Tolderia Rocks wat as 'n venue vir sosiale of korporatiewe funksies gebruik word en dit het 'n groot, natuurlike rots wat oor dit hang, sowel as 'n lieflike waterval. Dis geskik vir vermaak, funksies, konferensies en troues en sluit ook nog 'n verhitte swembad, 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n braaiplek en kroeg, tafels en genoeg sitplek vir 80 mense in. Alternatiewelik het die oord ook 'n aangewese area vir 'n markiestent wat jou gastelys 'n bietjie langer kan maak.

Tolderia Resort bied unieke uitsigte en 'n verskeidenheid doendinge op die perseel. Die natuurlike heuwels en die prag van die 2 damme maak voorsiening vir talle geleenthede soos voëlkyk, staproetes, watersport en visvang ? en dit alles op jou drumpel.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite op perseel

  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Swem

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 32 resensies vir Tolderia Resort
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Lothair-pad, Ermelo, 2350, Mpumalanga
  • Gaste dink Tolderia Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Ermelo Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lothair-pad, Ermelo, 2350, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca0409d366b0c8b914270703ccd59883d08d2f4f70f8e6c993cfee727a4f4676546dd50dc58513f7530c16e13194aaed66d1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4) 32 5 1 5 Lothair Road Ermelo 2350 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.404809648309 30.381511598825