Tomeros 21

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tomeros 21 is in die gewilde vakansiebestemming Uvongo, KwaZulu-Natal, geleë. Ons bied die ideale verblyf vir jou volgende gesinswegbreek in 'n selfsorg-eenheid met 'n beeldskone uitsig oor die see waar 8 mense gemaklik kan slaap. Ons is ook net sowat 200 m van die Uvongo-hoofstrand af.

Die eenheid het 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamer, terwyl die ander twee kamers elkeen 2 enkelbeddens het en die derde badkamer, met 'n bad en handstort, deel. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv-koppelpunt.

Die kombuis is toegerus met alles wat jy sal benodig vir selfsorg. Dit sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër in. Maak gebruik van die braaigeriewe op die ruim, bedekte balkon wat met hoë kwaliteit meubels toegerus is vir jou genot. Die eenheid beskik oor waaiers.

Tomeros beskik ook oor 'n gemeenskaplike swembad en toesluitmotorhuis vir gaste se gebruik.

Kom en geniet ons welbekende Water World in die Wildekusson, Mac Bananas 5 km voor Port Edward, Lake Eiland en ons plaaslike bootritte op die see.

Slaapplek

'n Bespreking by Tomeros 21 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tomeros 21 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 345 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za