Tomyra's Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tomyra's Lodge bied selfsorg-akkommodasie in die kusdorpie Leisure Bay. Die lodge het 2 selfsorg-eenhede wat elk slaapplek vir 6 gaste bied. Peter Pan en Kidds Beach is net 300 m van die lodge af.

Elke eenheid is volledig toegerus vir selfsorg en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan leef-area. Die kombuise is toegerus met moderne toerusting wat mikrogolfoonde, eetgerei en breekware insluit. Die leefkamers het TV's met plaaslike kanale ? gaste wat DStv wil kyk moet hulle eie dekodeerders saambring. Elke eenheid het sy eie privaat ingang en stoep-area met braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Die eiendom is in Leisure Bay naby 'n paar gholfbane geleë. Dit is net 6 km van Port Edward en 10 km van die Wild Coast Sun Casino af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tomyra's Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za