LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tomyra's Lodge | LekkeSlaap
+5

Tomyra's Lodge

5 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 5 resensies vir Tomyra's Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Henry N - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Henry N
Gesin met klein kinders

Baie lekker gebly.

Puik gasvryheid van eienaars! Ligging is goed!

Tomyra's Lodge's terugvoer

Dierbare Henry en familie,
Wat 'n voorreg om julle te kon ontmoet. Dierbare opregte en tevrede familie. Kruip sommer in jou hart voordat jy 'n myl met hul geloop het. Ons mis jul al klaar en jul het nog nie eens die stof van jul voete van die Suidkus, hier in die paradys afgestof het nie. Jul sal altyd baie welkom by ons wees. Seënbede tot wedersiens en voorspoed vir die Nuwejaar.
Met waardering
Myra@Tomyra's Lodge

Tomyra's Lodge
Corrie N - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corrie N
Gesin met klein kinders

Dit was gemaklik en rustig.

Dit was regtig 'n rustige atmosfeer met vriendelike diens en behulpsaamheid. Skoon en gemaklik - regte waarde vir geld.

Tomyra's Lodge's terugvoer

Liewe Corrie en familie
Baie dankie vir die baie mooi en vriendelike verslag van julle. Dit was baie lekker om jul te huisves, julle is tevrede en gemaklike mense wat sommer as ou vriende van ons tuiskom. Ons sal jul enige tyd weer huisves en dit sal 'n voorreg wees.
Vriendelike groete
Myra@Tomyra's Lodge

Tomyra's Lodge
Jolandie V - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jolandie V
Gesin met tieners

Uitstekend!

Opregte, eerlike, vriendelike hartsmense! Kom aan as vreemdelinge maar gaan as familie huis toe! Die woonstel is huislik en met liefde gebou en aandag is gegee tot in die fynste besonderhede. Daar word in almal se behoeftes voorsien, met 'n volledige kombuis tot in die fynste detail. Myra is altyd gereed om enige situasie vir jou uit te sorteer en altyd opreg met baie liefde en vriendelikheid! En oom Tom altyd gereed met visvang advies en toebehore en natuurlik 'n grappie daarby. En dan die lieflike rooiwyn! Mis al klaar hierdie dierbare plek met sy lieflike stilte en pragtige strand! Beslis 'n moet!

Tomyra's Lodge's terugvoer

Beste Yolandie en familie,
Baie dankie vir die wonderlike, mooi en opregte terugvoering. Dit is familie soos julle wat hierdie wonderlike paradys in die Zulu koningkryk, so spesiaal maak. Julle is voorwaar 'n baie spesiale familie wat binne-in mense se harte kruip. Julle is enige tyd welkom by ons, en as ons dierbare land Suid Afrika sulke mense het, kan ons net die beste land in die wêreld wees.
Seënbede vir elkeen.
Myra by Tomyra's Lodge

Tomyra's Lodge
Michelè D - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michelè D
Gesin met tieners

Ongelooflike goeie gasvryheid en voel tuis.

Dit was nog een van die skoonste plekke waarin ek ingestap het en als wat jy nodig het is daar. Die eienaars is baie vriendelik en liefdevol. Ek sal enige tyd die plekkie aanbeveel.

Tomyra's Lodge's terugvoer

Dierbare vriende,
Julle was baie aangenaam, vriendelik en so gemaklik dat ons jul gemis het voordat jul vertrek het. Kom enige tyd weer. Hier in die paradys sal jul altyd baie welkom wees by ons. Wat is 'n wêreld sonder dierbare mense wat vriende is en tog na aan die hart soos familie.
Seënwense en ons sal altyd daar wees vir julle en jul familie. Laat julle sterre altyd skyn.
Met waardering
Myra@tomyra's Lodge

Tomyra's Lodge
Sampie S - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sampie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie gemaklik en rustig met uitstekende diens.

Tomary's Lodge kan aan enige iemand aanbeveel word. Die eienaar / opsigter is baie vriendelik en hulpvaardig, en het ons van die begin tuis laat voel. Die eenhede is baie goed toegerus. Is in 'n rustige area en 'n mens voel veilig. Sekuriteit is uitstekend in die area.

Tomyra's Lodge's terugvoer

Aan Sampie en Gesin,
Baie dankie vir die pragtige terugvoering asook die tyd bestee om dit aan ons oor te dra. Ons is dankbaar daarvoor en sal altyd in die toekoms probeer om 'n hoë standaard te handhaaf en ons kliênte gelukkig en tevrede te hou. Altyd welkom by

Tomyra's Lodge.

Tomyra's Lodge
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hastings-laan 1, Erf 595, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBlNjY4NzFlLWQ1YWYtNGFkMC1hZGNiLTA2ZmZlYzU0NGJlZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 1 Hastings Avenue Lot 595 4278 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -31.024820280632 30.240809648163
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!