Top Deck Stayover

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Top Deck Stayover bied netjiese selfsorg-eenhede wat ten volle toegerus en goed geleë is. Dis hoog teen 'n heuwel met ongelooflike uitsigte oor die Swartberge. Die huis is stapafstand vanaf 'n verskeidenheid winkels en restaurante.

Verblyf bestaan uit 'n keuse van 3 slaapkamers. Die Uitsig-kamer het 'n stapelbed en 2 enkelbeddens met 'n uitsig op die Swartberge vanuit die groot venster. Die kamer deel 'n volledige badkamer met die Sonopkoms-kamer. Dié kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n uitsig op die pragtige sonsopkoms agter 'n groot boom. Die en suite-kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die huis het 'n gemeenskaplike kombuis, eetarea en 'n leefkamer. Die kombuis is toegerus met 'n ketel, stoof, oond, mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die huis is in 'n groot, welige tuin met 'n braaiplek wat pragtige uitsigte oor die berge bied. Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel. Die gemeenskaplike areas word met die eienaar van die perseel gedeel.

Dit is die ideale oornagplek vanwaar jy die hele Klein Karoo kan verken. Gaste is welkom om hul eie pad- of bergfietse saam te bring aangesien daar verskeie agterpaadjies is om te ry. Die instansie is ook motorfietsvriendelik.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Top Deck Stayover gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R495 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false