Topanga 16

Voeg by Gunstelinge

 

Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die tabel hierbo, hef die blyplek ook 'n eenmalige R550-administrasiefooi per bespreking.
Die volgende word by die tariewe ingesluit:
Topanga 16
Selfsorg
Belasting en Ekstras
Let asb. daarop dat 'n administrasiefooi van R550 en 'n terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 voor die inklokdatum betaalbaar is en nie by die tarief ingesluit is nie.
Die breekskadedeposito sal binne die eerste maand na die uitklokdatum terugbetaal word, minus enige aftrekkings vir breekskade.
Sou die eiendom opsetlik, of per ongeluk beskadig word, stem gaste in om vir enige vermelde skade te betaal indien dit die bedrag van die breekskadedeposito oorskry.
Sou gaste by die perseel aankom en opmerk dat daar skade is, is die onus op die gas om ons onmiddellik daarvan in kennis te stel.
Die breekskadedeposito sal in bewaring gehou word en aan die rekeninghouer wat deur gas genomineer is, uitbetaal word.
Onthou asseblief om rekeningbesonderhede aan ons te e-pos.
Moet asseblief nie die maksimum hoeveelheid gaste wat in die eenheid toegelaat word, oorskry nie. Indien gaste versuim om aan hierdie versoek te voldoen, sal uitsetting plaasvind sonder terugbetaling en sonder 'n kennisgewingsperiode.
'n Nie-terugbetaalbare administrasiefooi van R500 word op alle kansellasies gehef. Die R500 is bo en behalwe die persentasie wat reeds as die kansellasiefooi aangedui word.
Rook is verbode binne die eenhede, woonstelle of huise en indien hierdie reël oortree word, sal gaste die volledige breekskadedeposito verbeur.
Moenie vergeet om die volgende saam te bring nie:
Swem- en badhanddoeke.
DStv-dekodeerder met afstandbeheer en slimkaart.
Gaste moet hul eie skoonmaakmiddels en toiletpapier saambring. Ons voorsien die eerste rol toiletpapier vir elke badkamer.
Sou gaste van die skoonmaakdienste in die eenheid gebruik wou maak, moet ons 24 uur voor die dag wat gaste die dienste versoek, in kennis stel.
Ons voorsien nie 'n skoonmaakdiens nie, maar dit kan met ons gereël word en direk aan die skoonmaker wat vir die eenheid verantwoordelik is, betaal word. Die gas moet die skoonmaker om 08:00 by ons kantoor kom optel.
Skoonmaakdienste is nie op Sondae en openbare vakansiedae beskikbaar nie.
Gaste kan nie vroeër as 14:00 inklok nie.
Geen sleutels kan aan gaste oorhandig word voordat die volledige of finale bedrag nie betaal is nie.
Gaste moet asseblief seker maak dat die volledige balans in ons bankrekening reflekteer 7 dae voordat hulle inklok. Sleutels moet by Just Property Uvongo afgehaal word. Aanwysings na die vakansie-perseel sal in 'n koevert aan gaste voorsien word.
Indien gaste na-ure inklok moet die sleutels by Wolf Security in Uvongo afgehaal word.
Aankoms oor naweke of openbare vakansiedae: Sleutels moet by Just Property Uvongo se kantore afgehaal word voor 11:00 en indien later by Wolf Security in Uvongo.
Sleutels moet aan Just Property Uvongo se kantoor terugbesorg word en-/of in die "Na-ure"-sleuteldepositogeriewe geplaas word.
Gaste sal aanspreeklik gehou word vir alle kostes wat verband hou met verlore sleutels of sleutels wat nie aan ons besorg is na gaste vertrek het nie.
Ons kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of ongerief aan ons huurders weens enige dade buite ons beheer nie. In die geval dat enige toestel buite werking is, sal ons nie verantwoordelik gehou kan word vir die vervanging daarvan nie.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 1000 moet direk aan die instansie betaal word.
Kansellasiebeleid: Pasgemaak
1 maand voor die inklokdatum: 50% van die deposito is terugbetaalbaar.
2 weke voor die inklokdatum: 25% van die deposito is terugbetaalbaar.
Minder as 2 weke voor die inklokdatum: 0% van die deposito is terugbetaalbaar.
'n Nie-terugbetaalbare administrasiefooi van R500 word op alle kansellasies gehef. Dié R500 is bo en behalwe die persentasie wat reeds as die kansellasiefooi aangedui is.

Gaste wat na Topanga 16 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za