Topanga 59

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Topanga 59 lê in die hartjie van Uvongo aan die Suidkus en is net 'n entjie se stap vanaf die strand en die dorp. Dis 'n sjiek, moderne eenheid met see-uitsigte en moderne geriewe. Topanga het 'n oop perdeskoen-uitleg rondom 'n swembad en dis perfek vir 'n heerlike seevakansie.

Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste in 2 gerieflike en suite-slaapkamers. Die slaapkamers het dubbelbeddens. Die hoofslaapkamer se en suite-badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak en die ander badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Dis net 200 m se stap vanaf die strand waar jy luilekker in die son kan lê terwyl die kinders krappe vang in die rotspoele. Ontspan gerus langs die pragtige swembad, gebruik die gemeenskaplike braaigeriewe of geniet 'n romantiese piekniek op die strand.

Dié luukse, stylvolle en moderne eenheid het 'n kombuis wat volledig toegerus is en 'n balkon met see-uitsigte.

Dis lekker naby 'n supermark, restaurante, 'n wassery en ander winkels. Margate se Gholfklub is net 4 km hiervandaan en Sanlameer Gholfklub is 18 km ver. Die Wild Coast Sun Resort & Gholf Club is 37 km vanaf Topanga 59 en die immergewilde Waffle House is minder as 10 km hiervandaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Topanga 59 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Topanga 59 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za