LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Topanga 59 | LekkeSlaap
+13

Topanga 59

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collin-straat 70, Topanga 59, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Topanga 59 lê in die hartjie van Uvongo aan die Suidkus en is net 'n entjie se stap vanaf die strand en die dorp. Dis 'n sjiek, moderne eenheid met see-uitsigte en moderne geriewe. Topanga het 'n oop perdeskoen-uitleg rondom 'n swembad en dis perfek vir 'n heerlike seevakansie.

Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste in 2 gerieflike en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die addisionele slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer se en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak en die ander badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Dis net 300 m se stap vanaf die strand waar jy luilekker in die son kan lê terwyl die kinders krappe in die rotspoele vang. Ontspan gerus langs die pragtige swembad, gebruik die gemeenskaplike braaigeriewe of geniet 'n romantiese piekniek op die strand.

Dié luukse, moderne eenheid het 'n kombuis wat volledig toegerus is en 'n balkon met see-uitsig.

Dis lekker naby 'n supermark, restaurante, 'n wassery en ander winkels. Margate se Gholfklub is net 4 km hiervandaan en Sanlameer Gholfklub is 18 km ver. Die Wild Coast Sun Resort & Gholf Club is 37 km vanaf Topanga 59 en die immergewilde Waffle House is minder as 10 km hiervandaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Topanga 59 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 17 resensies vir Topanga 59
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Collin-straat 70, Topanga 59, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Topanga 59 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 4)
Vanaf R700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collin-straat 70, Topanga 59, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYyYTFlZDdmLWViMTQtNDZkYy04ZTNjLTA0MDNjYjE2MmE4MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 4) 17 5 1 5 70 Collin street Topanga 59 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.8322976 30.3956438
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!