Townsend

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Townsend bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n ruim, vierverdieping-vakansiehuis in Gordonsbaai. Dit is stylvol meubileer en is in ’n stil doodloopstraat en spog met see-uitsigte.

Dié huis het ’n groot balkon en vermaakarea, ’n toegeruste kombuis, eetarea, 2 sitkamers, baie spasie buite, wasgoedgeriewe, ’n ingeboude braai, snoekertafel en ’n tafeltennistafel. Daar is ook parkeerplek in ’n motorhuis vir 2 voertuie. Gaste kan op die grondverdieping parkeer en die huis binnegaan deur die ruim voorportaal. Die volgende verdieping het 4 slaapkamers, waarvan 3 see-uitsigte het deur die vensters wat strek vanaf die plafon tot die grond. Die volgende verdieping het ’n leefarea, sitkamers, die kombuis en ’n braai-patio. Die laaste verdieping het ’n vermaakarea met nog ’n balkon, ’n speletjieskamer met ’n pooltafel, tafeltennistafel en ’n kroeg.

Daar is 2 slaapkamers met ’n koninggrootte-bed en elk en 1 slaapkamer met ’n koningingrootte-bed. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is met ’n yskas, oond, stoof en mikrogolfoond toegerus. Die kombuis lei na ’n opwaskamer.

Gaste kan in die sitkamer met ’n kaggel ontspan en die see-uitsigte geniet. Daar is gratis WiFi.

Slaapplek

'n Bespreking by Townsend sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Townsend gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 800 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false