Tracks Backpackers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tracks Backpackers bied gedeelde akkommodasie in Worcester in die Wes-Kaap aan. Die rugsakreisigers-akkommodasie is ideaal vir groepe wat op soek is na 'n oornagplek op pad na hul bestemming.

Die akkommodasie by Tracks Backpackers word in 4 kamers aangebied wat elkeen 3 enkelbeddens in het. Daar is 3 gemeenskaplike badkamers in die gang. Elkeen van die badkamers beskik oor 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die rugsakreisigers-akkommodasie het ook 'n gemeenskaplike leefarea en kombuis met 'n yskas en mikrogolfoond, 'n tweeplaat-gasstoof, eetgerei en breekware vir gaste se gebruik.

Die gastesitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met plaaslike kanale. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie en Tracks Backpackers is binne stapafstand vanaf verskeie winkels en restaurante.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tracks Backpackers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (vir 20 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false