Tramonto @ Beachcombers 10

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tramonto @ Beachcombers 10 is ’n selfsorg-woonstel in ’n sekuriteitskompleks op Ballito se strandfront. Die kompleks het ’n paadjie wat direk na die strand en promenade lei.

Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en en suite-badkamer, die tweede kamer het ’n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die derde kamer. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer.

Die oopplan-kombuis is toegerus met ’n yskas, mikrogolf, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea langsaan het ’n etenstafel met sitplek vir 6. Die woonstel is toegerus met lugversorging, waaiers in elke vertrek, DStv, DVD-speler, haardroërs, kluis, gasbraai op stoep en 'n ongelooflike uitsig op die strand.

Daar is ’n gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek in die kompleks. Die perseel is langsaan die gewilde Mozambik-restaurante, ’n paar minute se ry vanaf ander restaurante en 2,5 km van Ballito Junction Regional Mall af.

Slaapplek

'n Bespreking by Tramonto @ Beachcombers 10 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tramonto @ Beachcombers 10 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za