Tranquil Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquil Beach House is 'n losstaande selfsorghuis en kothuis in Nature's Valley wat omring word deur die Tsitsikamma Nasionale Park se inheemse woude. Die huis is net 1 minuut se stap van die ongerepte strand and rustige strandmeer af en is die ideale basis vir 'n gesin of groep vriende wat die Tuinroete besoek.

Die eiendom het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-eetkamer en -leefarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-stort. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n volledige badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Die vierde en vyfde slaapkamers is in 'n aparte kothuis. Die 1 kamer het 'n koningingrootte-bed en die ander het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n volledige badkamer. Al die beddens is met wit katoenlinne oorgetrek.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n gasstoof en -elektriese oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser. Die eetkamer het 'n groot houttafel en stoele. Die gesellige sitkamer lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, oorgenoeg sitplek en 'n ketelbraaier. Die voortuin is omhein.

Slaapplek

'n Bespreking by Tranquil Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquil Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 990 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za