Tranquil Guest House
Beskrywing
Tranquil Guest House is 'n elegante, moderne gastehuis in Dundee in die hartjie van KwaZulu-Natal. Hierdie imposante huis bied grasieuse akkommodasie, hartlike gasvryheid, en uitsonderlike versorging deur die gasheer, Corné, en personeel.
Ons slaapkamers bestaan uit 2 deluxe kamers, albei met private ingange wat uitloop op die groot, rustige tuinligging. Die gastehuis/B&B maak voorsiening vir luukse en rustige verblyf. Elkeen van ons ruim dubbelkamers is smaakvol versier, en toegerus met DStv, LCD platskerm-TV, en suite-badkamers, koffie- en teemaakgeriewe, haardroër en elektriese kombers. Die badkamers het bad- en stortgeriewe. Ons bied ook aandete en B&B.
Vir voëlliefhebbers is daar 'n verskeidenheid voëllewe, of jy kan 'n bietjie lees of rus onder die bome in die welige en rustige tuin.
Bewonder die skilderagtige landskap van noordelike KwaZulu-Natal as jy by
Tranquil Guest House bly en gaan ry 'n bietjie rond om geskiedkundige terreine soos die Anglo-Zulu en Anglo-boereoorlog (Suid-Afrikaanse slagvelde), die Ithala Wildreservaat en die Drakensberg te verken. Dundee is 'n kort entjie se ry van al hierdie besienswaardighede af.
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Tranquil Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |