Tranquil Marina Hide Away

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquil Marina Hide Away bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n bekoorlike huis wat noord front en op die rustige waterweë van die marina geleë is. Vaar op die pragtige waterweë per trapboot of kano terwyl jy die ryk voëllewe en uitsigte geniet.

Die huis beskik oor 'n oopplan-leefarea, -kombuis en -sitarea wat na 'n lieflike buitedek met braaigeriewe vloei. Daar is 'n lieflike grasperk en 'n jetty waar gaste kan sonbaai of in die meer swem. Die ruim leefarea het 'n L-vormige rusbank met oorgenoeg sitplek om te lees of flieks op die LCD-TV te kyk. Die huis het sekere DStv-kanale en onbeperkte WiFi en die rakke is propvol lieflike leesboeke. Gaste kan hulle fone by die musiekstelsel inprop om hulle gunsteling liedjies te speel.

Daar is 'n koningingrootte-bed op die tussenvloerverdieping. Hierdie verdieping het sy eie badkamer. Die onderste kamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. As daar 'n ekstra gas is wat wil onder slaap is daar 'n opvou-bed beskikbaar. Die onderste slaapkamer het ook sy eie stort en toilet. Albei slaapkamers het 'n lessenaar. Daar is parkeerplek op die perseel en 'n waskamer buite die eenheid.

Kom verken die waterweë by die Zandvlei-meer en die voël-bewarea. Daar is 'n verkyker in die huis en 'n visstok wat gaste gerus kan gebruik as hulle wil hengel in die meer. Vir diegene wat watersport geniet is daar roeiski's en roeiplanke beskikbaar op versoek. Daar is 'n klein winkelsentrum sowat 400 m van die huis af en 'n groter winkelsentrum 1,2 km ver in Capricorn. Muizenberg se strand is net 2,1 km ver as gaste wil branderplankry of vlieërbranderry.

Muizenberg is die tuiste van die bekende Surfer's Corner waar jy kan leer om branderplank te ry of die kinders na die waterwurm en putt-puttbaan toe vat. Daar is ook restaurante en winkels om te besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Tranquil Marina Hide Away sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquil Marina Hide Away gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false