Tranquilidad

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquilidad is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis op die veilige Langebaan Country-landgoed met mooi uitsigte oor die strandmeer en sonsondergange vanaf 'n beskutte balkon. Die huis is ideaal vir gholftoere of sport- en branderplankry-naweke.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed wat on 2 enkelbeddens omskep kan word. Dié kamer het ook 'n en suite-badkamer. Die tweede, derde en vierde slaapkamer is op die onderste verdieping en het elk 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is 2 badkamers op die verdieping wat elk 'n instapstort het. Die beddegoed het 'n 200-draadtelling en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, broodrooster, ketel en skottelgoedwasser toegerus. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar vir gaste wat langer bly. Op die onderste verdieping is daar 'n eetkamer en 'n leefarea met gasbraaigeriewe. 'n Losstaande braai is ook beskikbaar om buite te gebruik. Op die boonste verdieping is daar 'n balkon met 'n kaggel.

Daar is 'n platskerm-TV met baie klassieke flieks op vir kinders en volwassenes. Bordspeletjies word voorsien. Daar is oorgenoeg parkeerplek in die dubbelmotorhuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Tranquilidad sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquilidad gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false