LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tranquility @ 447B | LekkeSlaap
+27

Tranquility @ 447B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 447B Polaris Laan, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tranquility @ 447B is 'n pragtige gastehuis in Pretoria. Die stad spog met verskeie natuurlike en kulturele besienswaardighede asook betekenisvolle ou geboue en museums wat die moeite werd is om te besoek.

Hierdie dubbelverdiepinghuis het plek vir 7 gaste, in 4 slaapkamers. Drie van die kamers het elk 'n koningingrootte-bed, en die vierde kamer het 'n driekwartbed. Twee van die kamers deel 'n badkamer, en die ander kamers het elk hul eie badkamer.

Al die kamers het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV en 'n werkstasie. Gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike kombuis en leefkamer wat op die boonste verdieping geleë is. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad asook braaigeriewe en konferensiefasiliteite. Verder is daar ook veilige parkering vir gaste.

Daar is verskeie doendinge in die omgewing wat perdry by die Voortrekker Monument, wildkyk by die Premier Wildreservaat, en tandem-valskermspring by die Pretoria Skydiving Club insluit.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 447B Polaris Laan, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 447B Polaris Laan, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlYdsIJrpZ0M2QPFqW8lpd5ADSf1DGgy1qlqzyatugvyy6tBSXt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 2) 447B Polaris Avenue Waterkloof Ridge 0181 Gauteng 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -25.813666 28.24989064418
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!