Tranquility In the Heart of It

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Jul 2019 tot 21 Jul 2019.

Beskrywing

Tranquility in the Heart of It is 'n ateljeewoonstel met 'n aparte ingang op die perseel in 'n stil deel van Pretoria, met maklike toegang tot die N1-hoofweg, Menlo Park se skole, die WNNR, die Universiteit van Pretoria en verskeie ander interessante besienswaardighede.

Die woonstel het 'n koningingrootte-bed en bied gerieflike slaapplek vir 'n paartjie. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met volle DStv.

Daar is 'n lessenaar met 'n kantoorstoel vir diegene wat moet werk. Gratis WiFi is ingesluit.

Daar is 'n klein buite-area waar jy kan sit en 'n drankie geniet terwyl jy die omgewing se hoenders en tarentale dophou, en as jy gelukkig is kan jy dalk net 'n paar nagapies gewaar. Vir jou gerief is daar ook 'n volledig toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, en alle ander toebehore wat jy sou benodig vir selfsorg. Vir die omgewingsbewustes is daar sonkraggeisers, 'n induksiestoof en A+ toestelle. Vir die koffieliefhebbers het ons 'n Nespresso-koffiemasjien en ekstra filterkoffie. Ons voorsien 'n pakkie om mee te begin, maar daar is 'n kafee en verskeie restaurante stapafstand van ons af. Die Hazelwood-mark wat elke Saterdag plaasvind is ook binne stapafstand of 'n kort motorrit ver.

Gaste se selfoonnommers word vooraf by die hek geprogrammeer en jy kan dus 'n spesifieke nommer bel om toegang te verkry. Toegang tot die huissleutels en die pinkode vir die kluis word ook vooraf gegee. Ander reëlings sal voor aankoms getref word.

Vir diegene wat nie vervoer het nie, is die eenheid slegs 5 minute se stap vanaf die Gautrein Busroete in Lynnwood-weg. Über is ook 'n opsie.

Veiligheidskodes, WiFi-toegang en ander notas is beskikbaar in die woonstel.

Slaapplek

'n Bespreking by Tranquility In the Heart of It sluit in:

1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Internet koppeling
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquility In The Heart Of It gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R720 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Jul 2019 tot 21 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]