Tranquility Sea House and Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquility Sea Cottage bied gaste gerieflik gemeubileerde selfsorgverblyf in Danabaai.

Gaste het 'n keuse tussen die Sea Cottage op die onderste verdieping of the Sea House op die eerste verdieping. Sea Cottage het slaapplek vir 4 en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer. Die oopplan-area het 2 enkelbeddens en die TV het 'n dekodeerder en 'n DVD-speler. Die woonstel lei na 'n stoep voor én agter, en daar is 'n Weber-braai..n Toesluit garage is beskikbaar.

Sea House het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die kamers het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en daar is ook 'n etenstafel. Die sitkamer het 'n TV en lei na die balkon wat spog met 'n see-uitsig.

Troeteldiere is welkom, mits vooraf gereël word.

Danabaai is in die Kaapse Blommeryk geleë en omdat dié 'n bewarea is, beweeg 'n verskeidenheid van steenbokke, bosbokke, fisante en muishonde vrylik deur die dorp. Die omgewing het ook 'n verskeidenheid van voëllewe en fynbos. Dolfyne en walvisse kan gedurende seisoen gesien word. Doendinge in die omgewing sluit stap, voetslaan en watersport in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquility Sea House And Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za