Tranquille Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquille Manor is in Vygeboom geleë. Dit is 'n buurt in Durbanville, ongeveer 20 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe, die middestad en die wynlande van Paarl en Stellenbosch af. Dit is ook na aan verskeie geriewe soos winkels, restaurante, plaaslike besighede en die Durbanville Mediclinic.

Verblyf word aangebied in 5 suites met lugversorging. Elke suite is luuks ingerig en beskik oor 'n en suite-badkamer. Vir jou gerief beskik elke kamer ook oor die volgende: elektriese komberse, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan volkome privaatheid, gemak en ruimte geniet met privaat patio's wat lei na die pragtig versorgde tuine en swembad. Veilige parkeerplek word aan alle gaste voorsien.

Gaste is welkom om 'n heerlike Engelse ontbyt in die rustigheid van die pragtig gemeubileerde oopplan-eetkamer te geniet, met 'n uitsig oor die luisterryke varing-gevulde atrium met sy borrelende sierfonteintjie, voor jy die dag aanpak.

By Tranquille Manor Guest House streef ons daarna om gaste net die beste gehalte verblyf en persoonlike diens te bied om seker te maak dat hulle tuis voel. Ons maak seker dat die kamers in elke gas se smaak sal val, van die aantal kussings op die bed tot die dikte en warmte van die duvet. So, volgende keer as jy met 'n sakereis vertrek of op soek is na 'n plekkie om by oor te bly, maak Tranquille Manor jou eerste keuse. Ons sal seker maak jy voel sommer baie tuis. Dit is vir ons net 'n plesier om jou met 'n glimlag te verwelkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquille Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false