Traveller's Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Traveller's Lodge lê in die hartjie van Pringlebaai, 'n pragtige dorpie langs die see. Dié kothuis is smaakvol versier en bied slaapplek vir 4 gaste. Dit is aan die hoofhuis vas en die eienaars is daar om jou te help om 'n fantastiese vakansie te hê.

Die huis het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk. Die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Linne eb badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en deel 'n oopplan-uitleg met die eetkamer. Die sitkamer het gemaklike sitplek met 'n kaggel om die winterkoue af te weer. Daar is buitemeubels en 'n ingeboude braai op die stoep waar gaste kan ontspan en kuier.

Pringlebaai is net 85 km van Kaapstad af en spog met die mooiste stukkie strand. Die kothuis is sowat 10 minute se stap en 2 minute se ry van die strand af. Dit is die ideale bestemming vir 'n rustige vakansie vir vriende of gesinne.

Slaapplek

'n Bespreking by Traveller's Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Traveller's Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false