Tre Donne's Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tre Donne's Rest lê aan die voet van die Hottentots-Hollandberge in Sir Lowryspas en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n aparte woonstel wat aansluit by die hoofhuis. Dié huis is in 'n pragtige plattelandse omgewing geleë. Daar is lieflike, groot bome en oop ruimtes. Die huis bied maklike toegang tot die N2-snelweg.

Die smaakvol versierde oopplan-woonstel het sy eie ingang en bied verblyf vir 4 gaste. Die woonstel het 2 dubbelbeddens, kaste, 'n aparte badkamer met 'n stort en toilet, 'n sit- en eet-area, asook 'n kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, en 'n broodrooster. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste, en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek. Daar is 'n verskeidenheid doendinge in die omgewing, soos perdry, bergfietsry, wynproe, visvang, en fietsry. Kaapstad Internasionale Lughawe is ongeveer 45 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Tre Donne's Rest sluit in:

1 x Dubbelbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tre Donne's Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R890 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false