Treetops Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Treetops Cottage is in die bekoorlike dorpie Dullstroom in Mpumalanga geleë. Dit bied die beste kombinasie aangesien dit in die hartjie van die dorp geleë is, maar asemrowende uitsigte oor die omliggende omgewing het.

Dié dubbelverdieping-klipkothuis beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens en 'n solder met 2 enkelbeddens. Daar is 2 gedeelde badkamers: 1 met 'n bad en die ander met 'n stort.

Die leefarea onder is oopplan en beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea met 'n kaggel. Die leefarea bied toegang tot 'n houtdek met braaigeriewe en stoepmeubels. Die houtdek is aan die een kant bedek met 'n oprolmuur van seil en het 'n verlenging wat nie bedek is nie waar gaste op warm somerdae kan ontspan.

Dullstroom is een van Suid-Afrika se beste forelvangbestemmings wat gretige hengelaars van reg oor die wêreld lok. Doendinge in die omliggende omgewing sluit perdry, visvang, stap en besoeke aan die Eggogrotte, Mac Mac-valle en God's Window in.

Slaapplek

'n Bespreking by Treetops Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Treetops Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 310 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za