Treetops Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Treetops Guesthouse is in Weltevreden Park in Roodepoort in Johannesburg geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n kothuis en 'n woonstel. Die eiendom is naby verskeie winkels en restaurante.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n slaapbank in die leefarea vir 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en ruim ingeboude kaste, en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Die kothuis het ook 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrgolfoond en die leefarea het 'n L-vormige bank, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Daar is gratis WiFi in die kothuis beskikbaar.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier. Die woonstel het 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, wasmasjien, oond, stoof en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het 2 rusbanke, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die leefarea lei na 'n verandah met 'n uitsig op die vallei. Die woonstel het ook gratis WiFi. Daar is ook 'n privaat patio met braaigeriewe bo-op die dak.

Beide die kothuis en die woonstel word 2 keer 'n week skoongemaak en wasgoed word op versoek gedoen. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en die eiendom is met 'n outomatiese hek en elektriese omheining beveilig. Daar is 'n gemeenskaplike swembad. Swemhanddoeke is op versoek beskikbaar en linne en badhanddoeke word voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Treetops Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za