Trevi A

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Feb 2020 tot 17 Feb 2020.

Beskrywing

Trevi A is 'n selfsorgwoonstel wat in Shelly Beach, 'n klein kusdorpie halfpad tussen Margate en Port Shepstone aan die Hibiskuskus van KwaZulu-Natal geleë is. Shelly Beach is vernoem na die duisende pragtige skulpe wat met hooggety op die strand uitspoel. Die dorpie is bekend vir sy goue strande, vriendelike inwoners, watersport en fantastiese duikplekke.

Hierdie grondvloerwoonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en daar is slaapplek vir 6 mense. Die hoofslaapkamer bevat 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde kamers beskik elkeen oor 2 driekwartbeddens. Daar is 'n bad en 'n stort in die en suite-badkamer en die tweede hoofbadkamer. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamers en die sitkamer.

Verder is daar 'n kombuis-, sitkamer- en eetkamerarea in die woonstel. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 3 stoeltjies. Die woonstel beskik ook oor 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetkamerarea het sitplek vir 6 mense en daar is 'n gemaklike rusbank en 'n TV met 'n volledige DStv-pakket in die sitkamer.

Die woonstel bied 'n patio met 'n buitelug-eetstel vir 6 mense, 2 sonstoele, 'n buitelug-sitstel en 'n gasbraai. Daar is 'n dubbelmotorhuis in die kompleks vir 2 voertuie en sekuriteitshekke aan die voordeur en die agterdeur. Addisionele parkeerplek is op 'n eerste gesien, eerste bedien-basis beskikbaar.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Trevi A gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 463 R975 per nag (plek vir 6)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Feb 2020 tot 17 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za