Triangle Luxury Suites by Totalstay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Triangle Luxury Suites is 'n moderne ontwikkeling in die hartjie van Kaapstad se woelige middestad. Die woonstelle is sentraal geleë in 'n hotelkompleks en bied gedeeltelike uitsigte van die Atlantiese Oseaan, Tafelberg, Kaapstad-hawe en 'n uitsig oor die stad.

Verblyf word in selfsorgwoonstelle met 1 of 2 slaapkamers gebied. Elke woonstel het 'n sitkamer, eetarea en 'n oopplan-kombuis. Elke woonstel beskik oor kontemporêre dekor, afwerkings en toebehore, 'n moderne badkamer met 'n bad en/of 'n stort en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n Nespresso-koffiemasjien.

Die gebou is veilig met 24 uur-sekuriteit en dit bied 'n swembad en 'n gimnasium vir gaste se gebruik. Die woonstelle is ook ingerig met sekere DStv-kanale en optiesevesel-internet. Die woonstelle is op die hoek van die bekende Riebeek- en Loopstraat - 'n benybare ligging! Dit is gerieflik geleë naby verskeie restaurante en koffiewinkels.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Triangle Luxury Suites By Totalstay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 562 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za