Trigsit @ Marloth

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Trigsit @ Marloth is in die opgeknapte Marloth Park geleë en bied gehalteverblyf vir gesinne of groepe vriende wat lief is vir die natuur. Die huis is sowat 300 m van die Krokodilrivier af wat Marloth Park van die Krugerwildtuin skei.

Dit het 'n grasdak en 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n aparte badkamer en die derde slaapkamer kan van die stoep af bereik word en het 'n dubbelbed en wasbak.

Die kombuis is toegerus met al die basiese selfsorggeriewe en die leefarea het 'n TV en DStv-dekodeerder.

Die braai-area is veilig omhein en daar is 'n dek rondom die swembad waar gaste kan ontspan en die volop voëllewe en die seekoeie en olifante in die rivier kan dophou. Daar is 'n uitkyktoring waar gaste oor die Krugerwildtuin kan uitkyk.

Slaapplek

'n Bespreking by Trigsit @ Marloth sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Trigsit @ Marloth gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za