Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Troon Beach Cottage

Langtermynverblyf-aanbod 45% af

Kry 45% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 10 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9de Laan 2, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R7 500 R4 125 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Troon Beach Cottage, is in Hermanus in Voëlklip geleë. Dit bied gehalteverblyf vir 'n klein gesin of 'n groep vriende. Dit is stapafstand na gewilde strande, en 3 km van winkels, restaurante en verskeie doendinge en besienswaardighede. Gaste kan walviskyk vanaf die kothuis.

Die huis is met sonkrag en 'n omsetter toegerus en ervaar dus nie beurtkrag nie.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Een slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en ander kamer 'n ekstra lang koningingrootte-bed. Daar is lugversorging in beide kamers asook haardroërs en skuifdeure wat toegang tot 'n privaat stoep bied. Linne, handdoeke, strandhanddoeke en komberse word voorsien. 'n Bababed en babastoel is ingesluit.

Die kombuis het ook 'n fantastiese see-uitsig en is vir selfsorg toegerus met 'n stoof met gas- en elektriese plate, 'n oond, yskas-vrieskas met ysmasjien en koue water, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, potte, panne en 'n broodrooster. Eetgerei vir kinders word voorsien. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Daar is 'n binnebraai asook 'n swart driebeenpot.

Die sitkamer het oorgenoeg sitplek, 'n rusbank vir kinders, 'n TV met DStv, Netflix en vesel-internet. Daar is skuifdeure wat toegang tot die stoep wat om die leefarea strek bied.

Die sitkamer bied toegang tot die stoep met buitemeubels, insluitend 'n etenstafel, 2 sonstoele, 'n sambreel, opvou-afdak, braaigeriewe en 'n pragtige see-uitsig.

Daar is moderne wasgoedlyne en 'n buitestort.

Dis 3 minute stap na Grotto- en Voëlklipstrand en dit kan maklik via voetpaadjies van die eiendom af bereik word. Gaste kan ook walviskyk van die stoep af gedurende die walvisseisoen. The Cove is reg voor die stoep en gaste kan Grottostrand toe stap tydens laaggety.

Die bekende kranspaadjies begin voor die huis en dis ideaal vir fietsry en wandel en dit lei na die ou hawe in die dorp.

Daar is gratis, veilige parkeerplek op die perseel en 'n tuin waar gaste kan ontspan. Die huis het 'n moderne alarmstelsel met 24 uur-gewapende reaksie en hortjies voor al die deure en die groot skuifvenster.

Let dat daar tans konstruksie by die bure van 08:00 tot 17:00 daagliks plaasvind.

Slaapplek

’n Bespreking by Troon Beach Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Troon Beach Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Carole Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Jaar gelys 5

Ligging

  • 9de Laan 2, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Troon Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 500
R7 500 R4 125
per nag (plek vir 4)
Vanaf R7 500
R7 500 R4 125
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9de Laan 2, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5zHQjxAwRMGaUIMZItltawPmBnoOlc0a3abepXTg9IVWm9Lg6b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R7 500 nouVanaf R4 125 per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 2 9th Avenue Voëlklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -34.411250859541 19.28373372035
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem